Maart is groot Rugbymaand - Maart 2012

Pretoria.co.za
Hello Visitor
Die belangrikste seisoen in enige volbloed Suid-Afrikaner se lewe skop af ... (geen woordspeling bedoel op die skop gedeelte nie!) Ons gee jou 'n paar wenke oor hoe om die meeste daarvan te maak.
Irene Country Lodge
Dinge om te doen in Maart

Local Rugby ClubSluit aan by 'n plaaslike klub
As jy lus is om deel te wees van die aksie, deursoek ons gids vir besonderhede oor 'n paar plaaslike rugby klubs. Lekker manier om fiks te bly en 'n paar nuwe vriende te maak. Andersins, kies 'n ander sport waarvan jy hou, of ondersoek 'n ander soort stokperdjie.


Koop 'n Rugbytrui
Dit is die trots en vreugde van 'n goeie ondersteuner om 'n trui te besit. Kry joune om deel te voel van die span. Gelukkig het ons het 'n paar opsies van winkels regoor die stad waar jy kan rondsnuffel vir een. Sneakers Duty Free spesialiseer in 'n volledige reeks van replika sports goedere. Besoek hulle in Menlyn winkelsentrum, winkel 11, laer vlak. Nog 'n goeie opsie om uit te probeer, is die Sportsmans Warehouse. Winkels geleë regoor die stad – Atterbury Value Mart, Centurion Value World, en Montana Crossing Value Mart.

St Patrick's Day - Hatfield Square
Tussen in die rugby koors, daar is nog 'n belangrike oomblik. Hy is sekerlik een van die mees bekende heilige manne in die hele wêreld! 'n Dag van Ierse kultuur feesviering en pret in die algemeen. Besoek die Square vir 'n paar goeie ou Ierse drankies en musiekgenot. Saterdag 17 Maart om 10:00 tot Sondag, 18 Maart om 02:00 nm. Meer inligting: Malcolm 012 362 7177 of kliek hier.

Wiesenhof Coffees
Kobus Wiese, 'n groot krag in die rugby wêreld, verskuif van drieë druk na koffie maak. Ondersteun 'n rugby-legende deur een van sy koffiewinkels, versprei oor die dorp, te besoek. Gift Acres, winkel 48, Gift Convenience Centre, Lynnwoodweg of vat 'n tee breuk terwyl jy inkopies doen by Makro Silverlakes of Wonderboom.

Freedom Park
Ons herdenk 'n belangrike datum in ons land se geskiedenis hierdie maand – Menseregte Dag, 21 Maart. Vir baie sal dit altyd Sharpeville dag bly. 'n Wrede dag in die stryd tot vryheid, maar nou kan ons die positiewe uitkomste van die stryd vier, demokrasie. Besoek die erfenis gebied in Salvokop, opgerig as 'n herinnering van ons land se geskiedenis, met al sy kronkelinge van pre-koloniale en koloniale tot apartheid en post-apartheid. Klik hier vir meer besonderhede.

Hou 'n Lekker Braai
in Suid-Afrika is rugby en braai sinoniem. 'n Goeie rugby dag moet altyd 'n goeie braai insluit. Watter beter manier om 'n belangrike wedstryd te geniet as om hierdie twee te kombineer. Doen dit soos in die ou dae deur 'n radio saam te neem na een van hierdie pragtige buite braai plekke: Voortrekker Monument, Wonderboom Natuur Reservaat, Rietvlei dam. Of gaan vier 'n groot oorwinning saam met vriende na die tyd! Ons gids het alle kontakbesonderhede.

 
 Gautrain Bus Roetes

Vir Johannesburgers wat die Jakarandastad wil kom verken is daar goeie nuus, die Gautrain bussisteem skep 'n geleentheid om in styl te gallivant. Of as jy 'n Pretorianer is en iets nuuts soek om te doen kan jy ook die busse neem vir 'n nuwe avontuur in die "dorp"! Ons gaan die verskillende busroetes in die volgende paar maande verken en almal op hoogte hou oor hoe om hierdie lekker geleentheid ten volle te benut.

Vanaf die Hatfield Gautrain stasie is daar vyf busroetes om uit te kies. Ons fokus eerste op die Brooklyn roete. Van die lekker besige studentehub in Hatfield tot in die luukse Brooklyn woonbuurt is daar 'n wye verseidenheid plekke om te sien en dinge om te doen. Met 'n dekandente klomp restaurante en winkels op die roete is dit ideaal vir 'n dag van verkenning en/of inkopies waarna 'n lekker middagete-stop dit perfek sal afrond. Kliek hier vir meer.

Upcoming Events
Op die verhoog
Navi Redd
Atterbury Teater 9 Maart
Andriette Norman
Pierneefteater 10 Maart
Mathys Roets
Pierneefteater 22 Maart
FYNPROEWERS
Sushi Werkswinkel
Rhapsody's Brooklyn 10 Maart
Gourmet Wynproe Aand
Lombardy Hotel 15 Maart
creATE wynproe aand
Alpine Attitude 24 Maart
MUSIEK / GIGS
Anton Botha
Firkin Pub 10 Maart
Juanita du Plessis
Atterbury Teater 14 en 15 Maart
Karlien Van Jaarsveld
Firkin Pub Centurion 15 Maart
Ampie du Preez and Co.
Rhapsody's Centurion 21 Maart
Brad Cunningham
Rhapdsody's Woodhill 21 Maart
Ses Snare
Atterbury Teater 25 Maart
KINDERS / Familie
Trein na Culinun
Hermandstad Stasie 21 Maart
Rooikappie en Wolf
Pierneefteater 24 Maart
Tjiff en Tjaff
Centurion Teater 24 Maart
Wielie Wielie Walie 2
Pierneefteater 2 April/span>
Kokkelollies
Pierneefteater 3 April
Gouelokkies en die 3 Bere
Pierneefteater 4 April
Advertise
Kroeg-aksie Rugby-koors

In Maart het ons twee belangrike plaaslike wedstryde om nie mis te loop nie. As jy gelukkig genoeg is om te gaan na Loftus – geniet dit!! Indien nie, moenie stres nie, jy kan nog steeds deel in die toeskouer atmosfeer by 'n hele paar plekke in die stad wat die wedstryde lewendig sal uitsaai.

Saterdag 10 Maart. Bulls v Blues 19:10
Saterdag 24 Maart. Bulls v Reds 17:05


TRADEMARX | h/v Lynnwoodweg & Kirknessstraat, Arcadia

Wees so naby aan die Bulle dat jy amper hulle sweet kan ruik! Deur die week kan jy hier stop om te kyk hoe die Bulle oefen, of op wedstryddae kan jy die naaste aan die aksie wees, met die gebrul van die skare in die agtergrond. Met 'n stylvolle, moderne binnekant en 'n goeie balans tussen tradisionele kroegkos en gehalte etes. 50 LCD skerms, 2 groot skerms en 2 kroëe op 2 vlakke. Kliek hier vir hulle kontakbesonderhede.


Hatfield Square: Herr Gunters, Oxford Pub, Living Stones pub

In die Square kan jy amper 'n 360° draai maak en by enige punt stop om 'n goeie kroeg te kry om te besoek! 'n Paar om te oorweeg is Herr Gunters met sy Duitse invloed, Oxford Pub in die egte Engelse tradisie. En as 'n kroeg in die Square nie in jou smaak val nie, gaan na Living Stones 'n entjie in die pad op, vir 'n lekker Suid-Afrikaanse atmosfeer.

Kliek hier vir Hatfield Square kroeë se kontakbesonderhede.
Living Stones pub - 1215 Burnettstraat, Hatfield. 012 430 3553

DECADENCE | Castle Walk, Erasmuskloof

Dekadence in die Castle Walk Winkelsentrum in Erasmuskloof is 'n kroeg wat 'n meer gesofistikeerde ervaring bied. Ideaal vir 'n vinnige drankie na werk en beslis 'n moet wanneer dit vol raak vir 'n groot wedstryd. Genoeg groot skerms om alle hoeke van die wedstryd te vang. Knibbel aan 'n heerlike snack bord, terwyl jy 'n ogie hou op die telling. Tel: (012) 347 7060


GRAFTERS TAVERN | Newlands Plaza

Hulle is bekend as die kroeg met die wydste keuse van enkel malt Scotch in Pretoria. 'n Rustige, ontspanne kroeg atmosfeer, opgekikker deur wedstryd opwinding. Geniet dit om deel te wees van die span krete van die ondersteuners en die harde boos! Smul aan 'n lekker groot biefstuk en 'n skemerkelkie terwyl jy jou span ondersteun.
Tel 0820553475


MAC V'S SPORTS BAR | h/v Karel Trichardt & Charl Celliersstraat, Mountain View

'n Klein, intieme area met al die bestanddele van 'n tipiese plaaslike kroeg. Maak vriende met die gereelde besoekers en geniet die kameraadskap van die ondersteuning van jou gunsteling span. (jy is welkom om te skree vir enige span wat jy verkies, net so lank dit die Blou Bulle is) Geniet 'n lekker koel bier met 'n bord goeie Suid-Afrikaanse kos.
Tel: 083 376 3779 / 076 637 2161


 

WiFi Hotspots in Pretoria

Jy hoef nie meer die hele dag lank in jou kantoor te sit of besigheidsvergaderings in vervelige, bedompige kamers te hou nie. Maak gebruik van die nuwe mobiele era, waar 'n skootrekenaar en 'n modem al is wat jy nodig het om jou werk te doen. Regoor die stad is daar verskeie WiFi hotspots, nogal 'n hele paar met 'n bietjie gratis toegang vir lekker bederf.

COCO BISTRO | Castle Walk, Erasmuskloof

'n Pragtige koffiewinkel, ideaal vir 'n gesofistikeerde sake-ete. Gerieflik geleë in die Castle Walk sentrum, op die hoek van Lois Ave & Nossob strate. Oop sewe dae per week, 07:00 tot laat, 363 dae per jaar. Gratis WiFi toegang, 10MB/dag.



HOUSE OF COFFEES | Menlyn en Moreletapark

'n Klassieke koffiewinkel, met goeie koffie en ligte etes. Simplistiese binnekant met 'n gemaklike gevoel. Stop vinnig daar om na jou e-pos te kyk terwyl jy middagete gryp, of maak dit 'n sentrale plek vir 'n informele besigheidsvergadering. Gratis onbeperkte WiFi toegang.



Die volgende drie plekke maak gebruik van die AlwaysOn hotspot-netwerk. Dit stel jou in staat om moeiteloos te koppel aan die internet deur middel van 'n verskeidenheid internet verskaffers, soos Afrihost, MWEB en Vodacom. Betaalde en beperkte gratis opsies beskikbaar. (Klik hier vir 'n volledige lys van verskaffers)

CAFE 41 | Eeastwood St, Arcadia

'n Eklektiese kafee ervaring met 'n keuse van interessante kosse, soos die Mezze versnapperings borde. Stap deur na die pragtige weggesteek binnehof. Unieke agtergrond musiek sal jou flym skerp hou.


MUGG & BEAN | Brooklyn, Centurion, Irene, Kollonade, Mall@Reds, Menlyn, Waterkloof, Wonderpark, Woodlands

Hulle het geleidelik die plaaslike koffiewinkel toneel oorgeneem met hul unieke merk van formidabele porsies. (dink twee keer voordat jy iets bestel, jy sal dalk eerder met 'n vriend wil deel) 'n Lui-lekker kafee ervaring. 15 minute gratis WiFi toegang.



SEATTLE COFFEE CO. | Menlyn and Brooklyn

Dit is soos 'n moderne biblioteek. 'n Wêreld van kennis aan jou vingerpunte met Exclusive Books langsaan. (kies drie boeke om deur te blaai per besoek) Sit in die gemakstoel area vir 'n ontspannende dag in jou mobiele kantoor. En die uitstekende koffie sal jou genoeg oemf gee om die hele dag produktief te wees! 10 minute gratis WiFi toegang.



AlwaysON connections: AT&T, Afrihost, Aicent Partners, @lantic, Axxess, Boingo, Breedenet, BT Openzone, FNB Connect, Internet Solutions, Interprise, IPASS, IS Consumer, IS Mobile Broadband, MWEB, Orange, QuiConnect, SFR, Sprint, TATA Indicom, Telfonica, Telia Indicom, Teleconica, TeliaSonera, Trustive, Vex, Vodacom, Vodafone, WirelessG.
Meer inligting: www.alwayson.co.za

Stuur aan 'n vriend | Kontak ons | Adverteer |
Alle regte voorbehou 2012 © PRETORIA.co.za
Twitter Facebook
follow us