'n Nuwe baadjie vir ons nuusbrief, propvol planne - Mei 2012

Like ons op FacebookVolg ons op TwitterStuur aan vir 'n vriend
As jy nie hierdie e-pos mooi kan sien nie, kan jy hier kliekom dit aanlyn te lees.

main-intro-afrikaans_19
Hallo Visitor

Dis lekker dat ons een keer per jaar die kans kry om 'n groot bohaai te maak oor iemand wat so belangrik in ons lewens is. As jy wonder wat om te doen om Moedersdag ekstra spesiaal te maak, sal ons jou 'n paar wenke gee. Hou 'n ogie op ons Gebeure Gids onder Festivals vir al die opkomende Moedersdag aktiwiteite en beplan so 'n heerlike gesinsuitstappie.

Vir 'n spesiale bederf, besoek dié nuwe fraai plekkie in die stad, nl. Rosemary Manor, 'n leefstyl boetiek met gereëlde markte vir kuns en handwerk, kuns werkswinkels en 'n teetuin. Dit is die ideale plek om by in te loer en haar vrot te bederf! Nog 'n aangename uitstappie hierdie maand, is die Gardener Live expo vanaf 4-6 Mei by die Botaniese Tuine. Kombineer dit met 'n kuier by die rustige Milkplum Kafee in die tuine.

Ons wens julle 'n lieflike Herfs in Pretoria toe.

Groete,
Die PRETORIA.co.za span


Plaaslike Spa Opsies

Kieveits Kroon

Dis een van die mees luukse uitstappies wat jy kan geniet saam met jou geliefde (of op jou eie!). Breek weg van die werklikheid vir pure ontspanning! Ons het 'n lys gemaak van ons gunsteling plaaslike dag spa's, sowel as 'n paar met oornag opsies, regoor die stad versprei vir jou gerief. In die Weste besoek Hoogland Gesondheid Hydro, geleë in die Shurveberg. In die Noorde het ons die “Wynland van Gauteng”, Kievitskroon, en Isiphiwo boetiek hotel. In die Ooste wink die kalmheid jou nader om die oomblik te kom geniet by Ikhutsa spa, Mangwanani Afrika Spa, Macowanii Dag Spa, Soulstice Dag Spa langs Lombardy Landgoed en Ingaadi spa met oornag geriewe. En in die Suide kan jy jouself bederf by die Annique Dag Spa, besoek die Franse-geïnspireerde Spa de la Veille of probeer die Copperleaf spa en gymnasium in Centurion.

La Vie Lente Resensie

alt

Welkom by Die Rustige Lewe (La Vie Lente) 'n stedelike plaas uit op Lynnwoodweg, ongeveer 10km vanaf die Solomon Mahlangu weg (Hans Strydom) interseksie. As jy die se stad grense agterlaat en die oop ruimtes jou nader wink, sal die Franse-geïnspireerde bistro jou verwelkom vir 'n oomblik se ontspanning, weg van al die stres. Die pragtige dekor sal jou inspireer en die uitgestrekte grasperk gee die kinders 'n lekker oop spasie om sorgvry rond te hardloop. Smee weer opnuut bande met jou geliefdes in hierdie rustige ruimte. Kliek hier vir meer inligting.

Isabella's Resensie

alt

Die Isabella's restaurant groep het die stad op horings geneem en hul het ook nou 'n kinder-vriendelike winkel in die Greenlyn Winkelsentrum. Perfek vir mammas wat 'n vinnige blaaskans nodig het saam met 'n vriendin terwyl die kinders baljaar in die sandput, pophuis of op die klimraam. Nog 'n oulike element is 'n ruim binne-area vir die perfekte teëparty of kinderpartytjie vir tot 40 maatjies. Daar is ook 'n paar oulike partytjie-pakette beskikbaar. Die restaurant is geleë langs 'n welige grasperk en rustige riviertjie, so jy kan ook 'n piekniekmandjie bespreek vir 'n luilekker ontspan. Kliek hier vir meer inligting.

restaurante

My Darlings - Resensie

review-mydarlings
Jy het moontlik al in Lynnwoodweg afgery en jou oog het die klein blou winkeltjie gevang, weggesteek in die hoek van die sentrum oorkant Hillcrest winkelsentrum. Neem gerus die tyd om te gaan inloer en jou nuuskierigheid te bevredig, dit is beslis die moeite werd! Binne die beskeie buite-aansig skuil 'n binneruimte wat jou sal wegvoer na 'n stylvolle kafee – kenmerkend na aan 'n ware Europese patisserie. Modieuse dekor, Italiaanse rusbanke en al saam met 'n Vespa bromponie verhewe bo die toonbank, word dit aangevul deur blink swart en wit gepoleerde teëls. En oral lekker vars gebakte lekkernye uitgestal om jou sintuie uit te lok. Die ideale plek om jou ma te bederf hierdie jaar.

Read More

Pride of India - Resensie

Pride of India'n Stukkie van Indië op ons voorstoep! Met die instap groet 'n standbeeld van 'n vriendelike Indiër dame jou met 'n kleurvolle pot op haar kop, en soos jy met die trappe op beweeg, sal jy gou vergeet dat jy in Groenkloof is. Die sagte geluid van Indiese agtergrond musiek sal bevestig dat 'n unieke kulturele verkenningstog besig is om te ontvou. Pride of India is beloon met verskeie kulinêre toekennings, insluitende die Beeld Lesers Keuse (2010) en dit is geklassifiseer as 'n platinum Superior Choice Restaurant. Hul roem hulself daarop dat hul 'n wye verskeidenheid van spesialiteit geregte het, met die fyn balans vermenging van kulinêre tradisies en 'n moderne aanwending.

Read More

wat gebeur in PTA?
Het iemand vir jou hierdie nuusbrief aangestuur? Indien jy wil inteken op hierdie poslys om maandeliks 'n soortgelyke nuusbrief te onvang met nuus en gebeure in Pretoria, kan jy hierdie skakel volg.