|
News - Top Stories
|
 |
Afrikaanse Arikels
|
Tuesday, 23 April 2013 00:00 |
|

'n Nuwe prettige buitelug aktiwiteite vir jonk en oud kan gevind word op die buitewyke van Irene, Botha-laan. Acrobranch is 'n opwindende toertjie avontuur – ritslyne, nette, brûe, 'n Tarzan swaai en boom trappies skep 'n hindernisbaan vir beide kinders en volwassenes van boom tot boom. Met die kreatiewe benutting van 'n natuurlike bloekomboom-woud op die Sunlawns Landgoed, sal jou avontuurlustige hart aangewakker word wanneer jy by die motor uitklim, 'n uitnodiging om in die buitelug te baljaar. Dié avontuur-sport konsep is in 1989 in Frankryk begin, die Franse naam beteken boomklim en "accro" beteken ook verslawing – vandaar die idee dat die sport beslis perfek is vir die adrenalien-verslaafdes! Vir die jonger geslag van PlayStation makkers, sal hierdie aktiwiteit weer die lus om eerder buite te speel aanwakker en om met liggaam plus brein betrokke te raak.
|
|
La Monaco Koffiewinkel Resensie |
|
Tuesday, 23 April 2013 00:00 |
|

Indien jy verkies om eerder die ongewone te verken as die winkelsentrum of kettingwinkel koffiewinkels, is La Monaco in Lynnwood 'n moet! Knus in die hoekie van 'n paar winkels geleë rondom die sirkel in Roderick-straat, is jy verseker van 'n oomblik van pure dekadente ontvlugting. Nie net kan jy 'n heerlike versnappering en koppie tee geniet nie, jy kan ook 'n stylvolle nuwe dekor item opraap. 'n Unieke konsep van die kombinasie van 'n koffiewinkel en 'n binnenshuise dekor winkel, die twee vul mekaar perfek aan.
|
|
Wednesday, 20 March 2013 00:00 |
|

Dis beskryf as een van die “beste nuwe uiteet opsies" in die stad deur Eat Out en as jy instap by De Kloof, sal jy gou verstaan hoekom. Dink nuwerwets wat 'n antieke wynkelder ontmoet. Definitief die moeite werd om die kulinêre jagtog aan te pak, na die unieke ligging in die ou klubhuis by die Waterkloof dryfhoubaan. Hulle bied jou nou die beste van beide wêrelde – 'n pragtige deftige bo-vertrek en 'n ontspanne gourmet burger bar. Dus, of jy nou daardie spesiale dame wil beïndruk of sommer net lekker wil kuier saam met 'n groep vriende, De Kloof is die plek om gesien te word. Die uitsig oor die vallei na die Weste van Pretoria sal jou voorsien met 'n pragtige “sundowner” ervaring as 'n ekstra bederf!
|
|
Wednesday, 20 March 2013 00:00 |
|

Lynnwood Bridge is nou deel van ons plaaslike inkopies-toneel vir byna twee jaar. En dit is waarskynlik nou meer gewild as ooit. Dit het beslis 'n spesiale atmosfeer in vergelyking met enige van die ander plaaslike winkelsentrums. Bekend as 'n leefstyl sentrum is daar winkel-opsies wat wissel van stylvolle restaurante, sport-toerusting, huishoubenodigdhede en skoonheid. Die oop piazza area spog ook met beelde deur die gewilde plaaslike beeldhouer, Angus Taylor, voor die Atterbury-teater. Hy het die stukke getitel Gegronde, Ongegronde I en II. Elkeen met 'n donkie as sentrale element, is dit simboliese sosiale kommentaar, dit breek weg van die manlike norm met 'n sentrale vroulike figuur. Die sittende donkie het ook 'n prettige kinders-element met oop borrelende waterfonteine.
|
|
Tuesday, 19 February 2013 00:00 |
|

Om die perfekte troue of korporatiewe lokaal te vind, kan 'n moeilike proses wees, veral wanneer mens probeer om al die belangrike elemente in plek te kry – ligging, atmosfeer, kwaliteit kos... Stone Cradle is tops in al die belangrike kategorieë. Gerieflik geleë net langs die R21 in Irene, bied dit maklike toegang vanaf beide Pretoria en Johannesburg. Die formidabele klip uiterlike transformeer in 'n statige Afrika-geïnspireerde interieur in, met klassieke eenvoud. Met 'n uitsig oor die heuwels van Centurion, sowel as die Rietvlei-dam, is dit afgesonder van die besige omliggende stadslewe. 'n Eklektiese spyskaart wat spog met heerlike plaaslike geregte, verweef met Europese en selfs Asiatiese invloede, sal definitief nie jou smaak-knoppies teleurstel nie. Gereelde vermaaklikheid gebeurtenisse is 'n moet om by te woon, van 'n komedie klub tot gewilde musikante soos PJ Powers, Robbie Wessels en ander plaaslike talent.
|
|
Tuesday, 12 February 2013 00:00 |
|

Daar is niks meer ongelooflik mooi by 'n troue, as die pragtige bruid nie. En droom oor die perfekte trourok is waarskynlik een van die mees genotvolle elemente terwyl jy jou troue beplan! Tog om die perfekte rok te vind kan nogals 'n beproewing wees... By Bridal Manor sal hulle sorg dat al jou behoeftes vervul word, die span bied professionele advies om seker te maak dat jy die eksie perfeksie uitrusting opspoor. Bridal Manor spesialiseer in hoë kwaliteit ingevoerde couture ontwerper trourokke, teen bekostigbare pryse. 'n Paar van die bekende internasionale ontwerpers waarvan jy kan kies sluit in La Sposa van die bekende mode-groep Pronovias in Spanje, Sophia Tolli deur Sophia Apostolides wat na tien jaar as hoof ontwerper by Maggie Sottero haar eie nuwe bruids-versameling geskep het, asook Justin Alexander, Sincerity en Sweetheart van die Justin Alexander groep in Holland.
Lees verder om uit te vind hoe jy een van hierdie pragtige skeppings vir jou spesiale dag kan wen!
|
|
Brasserie de Paris Resensie |
|
Friday, 25 January 2013 00:00 |
|

"Genotvolle en suksesvolle kook-vernuf maak nie net staat op suiwer tegniek nie, dit kom uit die hart uit, maak groot eise aan die palet en benodig entoesiasme en 'n diep liefde vir kos om dit tot lewe te roep" - Georges Blanc, Ma Cuisine des Saisons. Brasserie de Paris streef daarna om 'n uitstekende fynproewer uiteet-ervaring vir sy klante te skep. Geleë in 'n privaat woning in plaas van 'n besige winkelsentrum, maak dit stil-stil 'n beroep op kos-connoisseurs om dit uit te soek. En met top-klas gourmet kos keuses sal dit beslis nie teleurstel nie! Sarie Jooste Jordaan het die bekoorlike restaurant naam opgeraap en dit verskuif na haar man, Johan Jooste, se familie-huis in 2005. Seun van die beroemde argitek Karl Jooste, hy het sy vrou ondersteun in die vestigting van die Franse kookkuns restaurant in die huis, 'n geleentheid om dit as 'n aandenking van sy vader se briljante ontwerp vaardighede te vertoon.
|
|
Villa San Giovanni Hotel Advertorial |
|
Tuesday, 08 January 2013 00:00 |
|

As jy bietjie ‘n afwisseling van jou alledaagse omgewing soek, maar nie wil ure ry om uit die dorp te kom nie, is Villa San Giovanni se hotel perfek. Ideaal vir 'n vinnige oornag, nadat jy 'n wonderlike ete geniet by die top-klas Italiaanse restaurant. Sake-reisigers maak gereeld gebruik van die hotel, dit het 'n simplistiese moderne interieur, maar met subtiele elegansie. Die hotel beskik oor 11 en-suite kamers – een Executive Suite, een Standard Suite, 3 enkel slaapkamers, 5 dubbelkamers en een Twin kamer. Die ruim luukse suite spog met 'n spa-bad en 'n skouspelagtige uitsig van die aanloopbaan. Perfek om daardie spesiale iemand te bederf met 'n verruklike uit-eet ondervinding, gevolg deur 'n dekadente oornag!
|
|
Thursday, 22 November 2012 00:00 |
|

Met die verby ry langs die simplistiese beton gebou in Wekker straat, sou 'n mens nooit kon raai hoeveel luuksheid weggesteek is agter hierdie mure nie! Die Gemstone Spa, Hydro Lounge and Wellness Clinic (geleë in die Blue Diamond Boetiek Hotel) omvou jou in 'n luukse atmosfeer van ontspanning met die intreeslag – die dubbel-volume onthaalarea met strelende agtergrondmusiek en die binnenshuise fonteintjies skep die perfekte toneel vir 'n verruklike ontspanningssessie. Die spa komplimenteer die boetiek hotel perfek, maar dit is ook ideaal vir 'n vinnige een-dag ontsnapping. Met 'n wye verskeidenheid behandelings, wat wissel van pure ontspanning tot gesondheidsbevordering, sal al jou skoonheidsbehoeftes vervul word met hoë gehalte diens en produkte.
|
|
Thursday, 22 November 2012 00:00 |
|

Die Gees... Die Klank... Die Smaak... Die Leefstyl... dit is die Mozambik restaurant se leuse. Dis nie elke dag dat jy uit Pretoria kan ontsnap sonder om selfs buite Pretoria te gaan nie! Jy sal die ontspanne Mosambiekse atmosfeer deur jou siel voel sypel sodra jy by die deur instap. Die gesellige restaurant maak gebruik van die konsep van die Mosambiekse Barraca, wat "hut" beteken, en vang so die leefstyl vas van hierdie buurland met sy uitgestrekte wit strande en rustige atmosfeer. Hul glo daaraan dat daar wysheid is in eenvoud, jy sal 'n plat-op-die-aarde ete geniet, maar met hoë gehalte kos en diens. Raak rustig onder die hout hut dak, bestel die spesialiteit Tipo Tinto R & R drankie, sit terug en ontspan terwyl jy aan outentieke Mosambiekse disse smul.
|
|
Saturday, 27 October 2012 00:00 |
Die stad ontmoet plaas sjarme by Die Werf in Olympus, Pretoria-Oos. Geleë in 'n welige boomryke omgewing, sal die stad se geluide spoedig verdwyn en 'n ontspanne atmosfeer agterlaat vir jou om te geniet. Daar is verskeie aansit opsies om van te kies wat wissel van 'n binne-area, 'n oop of toe dek-area en privaat kelder. Met die leuse dat jy so gemaklik sal voel asof jy by jou ouma se huis is, streef hulle daarna om jou 'n eg Suid-Afrikaanse ete-ervaring te gee. Geregte sluit in bobotie, afval, lamsbredie, frikkadelle en malvapoeding. Na aanleiding van hul leuse, het hul nou 'n nuwe uiteet ervaring geskep – ervaar die lekkerte van 'n Sondagmiddag familie ete in 'n restaurant atmosfeer, die geregte word op die tafel bedien in antieke potte en jy skep vir jouself op. Kontak die restaurant om hierdie tradisionele "tuisgemaakte" ete te bespreek.
|
|
Sunday, 21 October 2012 00:00 |
|

Geleë langs die Lombardy Estate, sal jy begin ontsnap van die stad met die rit na Soulstice Dag Spa. Met simplistiese argitektuur, sement toegevou in hout en glas, is dit pragtige natuurlike luuksheid op sy beste. Die naam verwys na die konsep van die siel wat stilstaan vir 'n oomblik, ontspanning bekamp stres en dwing dit om te verdwyn in die rustige omgewing. Gebou in verskeie vlakke, versteek die spa 'n verskeidenheid pamperlang skatte. Agter die ontvangsarea, verwelkom die restaurant en buite dek langs 'n rustige waterpoel jou na 'n heerlike toevlugsoord. Die binne en buite ontspanningsareas is beskikbaar vir jou genot die hele dag van jou behandelings bespreking. Geniet die hidro-fasiliteite voor of na die behandelings.
|
|
|
|
<< Start < Prev 1 2 3 4 Next > End >>
|
|
Page 1 of 4 |
|
 |
Check out these websites
|