|
7 Minute met Victor Matfield |
|
Written by Jacques Rudolph
|
|
Wednesday, 02 March 2011 11:39 |
|
Sien jy jouself betrokke by die Bulle na jy jou 'boots' opgehang het?
Ja ek sal verseker by die Bulle betrokke bly, hulle is baie naby aan my hart.
Wat doen jy in jou spaar tyd? (Ek't n voëltjie hoor fluit jy hou daarvan om jou rugby-pelle se geld te vat op die golfbaan)
Golf is my groot stokperdjie, anders spandeer ek net tyd saam met my vrou en twee dogtertjies.
As rugby nie vir jou beskore was nie, waar sou jy jouself bevind het in die samelewing?
Wel ek het B.Com Rek gaan swot so hopelik sou ek n CA gewees het.
Wie is jou golfmaat?
Ek en Jaco Pretorius speel altyd teen Fourie du Preez en Danie Rossouw.
Waar is jou gunsteling baan in Pretoria?
Blait Atholl en Gardener Ross.
Enige opwindende talent waarvoor die rugbypubliek moet uitkyk?
Ek het al n liedjie op n cd gesing maar dink nie dis n groot talent nie, ek moet maar eerder by rugby bly.
|