|
7 Minutes with Jack Parow |
|
Monday, 05 April 2010 15:43 |
 Jy is in Belville gebore en woon tans in die Kaap. Wat bring jou na Pretoria?
Ek kom nooit regtig na Pretoria vir enige ander rede as om te show nie. Ek het vanaand ‘n show hier by FTV, maar dis vir my kief om in Pretoria te wees.
Weet jy waarvoor staan FTV?
Fashion Television. Elke bra weet waarvoor dit staan want ons almal dink dis kief. En die bra’s wat nie tv het nie kyk dit by iemand anders.
Het jy ‘n gunsteling uithangplek in Pretoria?
Awe my bra, daai Hatfield square is K@krof. Ek laaik Tings 'n Times maar ek hou die meeste van Artbox Studios. Dit voel of jy by jou eie houseparty is. Daar is beddens orals, so as jy moeg raak dan kap jy net om.
Watse Super 14 span ondersteun jy?
Die Stormers en die Bulle tweede net omdat hulle fans so super-kommon is.
Wat is jou regte naam?
Zander Tylor.
En die naam Jack Parow?
Ons was heavy dronk en het Pirates of the Caribbean gekyk, toe sê ek: "F*k Jack Sparrow die Pirate van die Carribean, ek’s Jack Parow, die Pirate van die caravan park. Gelukkig kon ek dit die volgende dag nog onthou".
Besit jy ‘n Karavaan en hou jy daarin vakansie?
Nee, eks te arm daarvoor maar ek crash in tente in caravan parks want dis net my vibe. As iemand my wil sponsor met een sal ek dit in ‘n f*kken oogwink vat.
Vloek jy al van kleins af so?
Ja, maar my ma vloek ook.
Jy’t ‘n interassante versameling ringe aan jou vingers. Het elkeen ‘n storie?
Ek het 7 ringe. Die een het ek self by Foschini gekoop op my ma se rekening. Een het ek by ‘n ou girlfriend gekry wat dit by Access Park gekoop het. Drie van hulle het ek self by Diva gekoop...hulle is meer bling en koppe van verskillende diere. Die ander twee het ek in België gekoop toe ek daar getoer het. Die een aan my pinkie het ek in so Goth sho pgekoop. Ek het my boardshorts en sulke Hawaiian sh*t aangehad en die ou in die shop was so Emo met ‘n lang kuif wat in sy oë gehang het. Hy’t my net ignore en toe het sy baas my kom help. Ek sien nou die kruis is besig om af te vryf...ek sal hom moet op-patch.
Wanneer stel jy jou volgende album vry?
14 April is my album "Jack Parow" landswyd beskikbaar.
Wat beteken awe en wat is die regte spelling?
Awe staan vir alles. Dis hallo, dis baai, dis ‘n vloekwoord, ‘n werkwoord of sommer enige word. Jy spel dit A..W..E. Nie met ‘n 'H' nie...daai mense weet nie wat aangaan nie.
Awe (Totsiens)
Kief my bra. Awe. |