Hello
The month of April has many exciting things happening and it is our privilege to bring to you all the action, events and must sees. Enjoy!
1. Never ending fun as we introduce the fufi slide
Get the thrill you need @ Menlyn Events Arena! Feel the adrenalin pumping when you go down our 6 metre Fufi Slide for R10 per side.

2. Bring on 2010 World Cup (VISA promotion)
VISA and Menlyn Park Shopping Centre joins forces!
Pay with your Visa credit or debit card at Menlyn Park between 22 March and 15 May 2010 and you could swipe your way to the game!

3. Keep the kids occupied this Easter holidays
Take them to see Ben 10: Alien Swarm releasing 2 April at cinemas nation wide. Don’t fancy Ben 10 yourself? Grab a popcorn, grape slush puppy and see The Bountry featuring Jennifer Aniston and Gerard Butler.

4. Ga Rouge, abundant and rich in heritage is one of Pretoria’s hidden gems situated on the Brakfontein off ramp on the N1 South. This restaurant stocks a good solid range of South African wines in their walk-in cellars and their food is prepared with an extraordinary take on modern fused gourmet. The setting reminds you of the rolling hills of Clarens and the restaurant is child friendly.

5. Pretoria is hosting their first ever Music and Arts Festival - Die Jacaranda Kunstefees (26 April – 2 May). Catch all your favourite Afrikaans Artists and Theatre productions featuring the likes of Theuns Jordaan, Bok van Blerk, Liani May, Elizma Theron, Shaleen Surtie-Richards, Anna Davel and Dowwe Dolla. For more information go to www.jacarandakunstefees.co.za. Email your name, age, email address and cell phone number to nathania@pretoria.co.za and stand a chance to win one of five free entry tickets to the festival grounds.

6. A MUST VISIT: Rasa Garden Café (situated on Garsfontein Rd) is opening its beautiful doors to the public on 7 April 2010. This intimate venue offers relaxed garden vistas and boasts a menu filled with food suited for even the finest pallet. The interior reminds of an art exhibition and was done by the previous owner of À Vie Bistro, Corli Slabbert who is an artist herself. Children are more than welcome and the venue offers many child activities.For more information phone:
083 785 0615

7. Get off your couch and go visit the brand new Voortrekker Mountain Bike Trail at the Voortrekker Monument. The Voortrekker MBT is situated in a safe, fenced nature reserve with a wide variety of fauna and flora. Trails for beginner, intermediate and advanced are also available. R20 per person per day gets you in. Go to www.voortrekkermon.org.za for more information.

8. Bake your own Matso bread (unleavened bread) which was traditionally eaten during the Jewish Passover (Passga). The ingredients are simply cold tap water and flower but the secret is not to allow it to rise. The recipe consists of one part water to 3 parts flower. Mix the dough very well, roll it thinly with a roller pin and press holes through it. Bake for 3 minutes on high. Enjoy!

9. Ladies, date and drug raping is on the rise and is unfortunately a reality. It happens amongst us every day and Pretoria.co.za would like to urge you to take the following precaution methods to protect yourself:

- Accept that you are a target.
- Make sure you always go out in a group with people that you know very well and trust completely.
- Ensure that you have trusted male friends to accompany you.
- Do not accept ANY drinks from strangers.
- Drink from the bottle if possible. If not, use your hand to cover your drink.
- NEVER leave your drink unattended.
- If you do feel dizzy or nauseas, DO NOT go to the bathroom alone.

If you do believe that you have been spiked/date raped or drug raped follow the following procedures:

- Report it to your local Police Station immediately (it is not legal if done after 24 hours)
- See a doctor
Flieks: Local is Lekker
Jakhalsdans - Release date: 23 April 2010

Mara Malan, ‘n onderwyseres, spandeer die laaste van haar spaargeld om ‘n huis in Loxton, ‘n klein Karoo dorpie, te koop.

Loxton lyk na die perfekte plek om haar vyf-jarige dogterjie, Mia, in ‘n veilige, vriendelike omgewing groot te maak. Ongelukkig ontdek sy binnekort dat haar planne vir hul nuwe lewe alles in die balans hang omdat die Laerskool in Loxton waar sy begin werk het dalk toegemaak sal word deur die Department van Onderwys as gevolg van onvoldoende bevondsing.

Die enigste hoop wat sy het om die skool aan die gang te hou maak staat op haar vermoe om binne drie weke ‘n massiewe R 500 000 in te samel.
Mara sal alles wat vir haar belangrik is verloor as die skool nie gered kan word nie en sy is gedetermineerd dat dit nie gaan gebeur nie. Wanneer die dorp se liedjieboer, Dawid Le Fleur, voorstel dat hulle dalk geld kan insamel deur ‘n musiek konsert op die dorp te reel is sy onmidellik geinspireerd.

Sy begin 'n slim plan aanmekaar slaan om top kunstenaars op die verhoog bymekaar te kry om in Loxton kom sing en die skool dus van bankrotskap te red. Waarvan Mara nie bewus is nie, is dat haar effens afsydige buurman, Ruan Landman, eintlik 'n top sanger-komponis is. Hy is alreeds 'n vreeslike populere popster. Dit is juis daarom dat hy Loxton toe getrek het. Hy wou wegkom van die hoë druk en onuithoubare tempo wat 'n lewe van beroemdheid op hom afgedwing het. En hy wou wegkom van mense wat hulself wil verryk ten koste van sy sangtalent. Ruan voer 'n kluisenaarsbestaan en, alhoewel klein Mia konstant probeer om na hom uit te reik, slaag sy nie. Hy wil nie praat nie. Hy wil uitgelos word, maar Mia wil nie kopgee nie. Wanneer Landman geirriteerd raak met die sitsuasie, skryf hy vir Mara 'n brief waarin hy vra dat sy haar dogter moet dissiplineer en haar maniere behoort te leer. Die brief ontlont die latente konflik wat reeds tussen Mara en Ruan broei en dit gee 'n bakleiery af.

Mia voel vere vir die spanning wat bestaan tussen haar ma en die buurman en sy druk deur met haar pogings om die ware kreatiewe Ruan uit himself uit te probeer lok. Haar onskuldigheid bekoor hom gevolglik en inspireer hom om weer liedjies te begin skryf, al het hy dit afgesweer toe hy Loxton to getrek het.

Mara se vasberdenheid om die skool uit die petjie te help forseer haar om Landman se hulp te gaan vra, maar voordat hulle kan saamspan om die regte ding vir die gemeenskap te doen, moet albei van hulle eers 'n paar lewenslesse leer. En dan raak hulle verlief.
 
Toolbox Studio
To Advertise
Upcoming Events
MUSIC
Van Coke Kartel Hotbox Studios - Pretoria
17 April 2010
Van Coke Kartel with Sesling Cheeky Monkey Lynnwood
28 April 2010

Nadine - DVD Vrystelling Centurion Theatre - Lyttelton Manor
30 April 2010
Karen Zoid Pierneef Theatre - Deerness Manor
30 April 2010

view more music events
THEATRE
Chopin Recital Brooklyn Theatre
18 April 2010
Chris Cameleon
Centurion Theatre - Lyttelton Manor

20 - 23 April 2010
Sonja Herholdt "Perels"
Centurion Theatre - Lyttelton Manor

24 April 2010
Cuban Cafe Brooklyn Theatre
21 -25 April 2010
view more theatre events
SPORT
Bulls vs Lions Loftus Versfeld
24 April 2010
view more sport events
OTHER
FRIED Contemporary Art Gallery Brooklyn Mall
Until 18 April 2010
Klitgras Drumming Circle
Klitsgras Drumming Circle - Pretoria
9 and 23 April 2010
InDeep & DeckedOut With Lady Lea Stones Centurion
10 April 2010
Rand Easter Show
Nasrec - Expo Centre
1-11 April 2010
view more special events
WATCH THIS SPACE

Pretoria.co.za bumped into Yolanda Barnard, Sondag journalist and author of the tell all celebrity book 'Die Ponies gallop' at a recent social event in Pretoria.

She disclosed that she is writing up a storm on her brand new book "Seks, Treine en Tamaties" which tells the life tale of Tossie Lochner. If all goes well, the book launch will take place early June 2010 and Pretoria.co.za has a front row seat!
Listen up Ladies: FTV Fabulocity Card

Fashion TV South Africa has done it yet again! They have launched the very exciting and exclusive Fabulocity Club. Fabulocity membership is by invitation only, for the most Fascinating, Fun Fashionista’s who visits Fashion TV bars.

The exclusive Fabulocity membership card is loaded with 800 diamonds (R800) for members to spend at their favourite Fashion TV Bar. Make use of these free diamonds within 6 weeks, and the card will be re-loaded with 800 diamonds every month thereafter.

Members may use their Fabulocity card for club entrance as well as selected food and drinks (terms and conditions apply). The Fabulocity membership will also entitle you to huge benefits on exclusive retail brands, event notifications and birthday specials.
Pretoria.co.za got our hands on one of these sought after membership cards and plan on using it regularly at FTV Parkview! Want to know how to snatch up yours? Visit FTV with your girlfriends for a fun night out - but be sure to look fabulous! Enjoy yourself and keep your fingers crossed that you will be spotted by a FTV representative and invited to join this exclusive community!

Win! Win! Win!

2 of our lucky readers can each win a Fabulocity Membership. E-mail your Name, Cellular phone number and email address to amber@pretoria.co.za to enter!
(Please note that you have to be older than 18 and female to enter this competition)

Happy Spending!
Maraai: "Jirre, Nee! Ons sal vir ha moet afstowwe en half price merk, Madam. Sy birthday die djaar maak hom thirty. Hoekom sy kry nie die man nie? Isit omdat sy bietjie dik geword het, of dink Madam sy's die lesbian? 'n Man is dam 'n slegding. Onse arme Amber...so manloos en dan nog dik ok."
Maar ek doen nie. Dit voel eerder of daar ‘n galg om my nek is, wat nog te sê ‘n dasknoop. Ek is bang vir so groot commitment. Ek meen, ek commit Maandag op ‘n dieët en teen Woensdag druk ek al wat ‘n lekkerny is in my kop in. Trou is vir ewig. Ek praat van etlike honderde jare. Vir die ouens daar buite…onthou jy toe die reën losgebars het in die Krieket Wêreldbeker en ons moes wag om te hoor of die spel sou voortgaan en of die Duckworth Lewis Sisteem geimplimenteer sou word?

"Julle twee moet lekker oor my skinder! Ek hoor julle my hel!" Skreeu ek op die toppunt van my stem met 'n ondertoon van erge irritasie wat plek-plek deurskemer. Maraai: "Nonnie, djy's verniet so hans vanoggend…djy's nooit te oud vir 'n pakslae nie, dalk 'n bietjie dik vir een maar nie te oud nie", sê sy spottenderwys terwyl sy speels oogknip vir my ma wat haar verlustig aan iets wat soos 'n Nataniel toneelstuk moet voorkom.

Hier sit ek, 29, ag oraait, amper 30...dik, of so te sê dik en single. Jy weet mos as 'n mens by 'n lekker kommon familie troue 'n enkel sopie bestel en die kroegman is jou kleinnefie se bra wat iewers uit een of ander driehoek kom, dan skerts hy iets belagliks soos: "die singles is uitverkoop maar jy is in luck my bra, daar is nog baie dubbels oor." Dit word natuurlik gevolg met twee vinnige skote uit sy Dirty Harry handgeweer. Ek wonder hoekom was "single" nie uitverkoop toe ek bakhand gestaan het nie?

"Dê, hier is vir djou 'n leka koppie boeretroos". Maraai druk 'n koppie koffie in my hand wat sy met liefde gemaak het. Ek lees op die beker in vet rooi letters: Be my Valentine. "Was dit nou nodig?" sê ek met 'n diep frons. Soos 'n swanesang bars al wat 'n omstaander is uit van die lag. Ten minste is my lewe entertaining. Ek's 'n professionele, single, 30 jarige hofnar. Great!

Ek kyk vir Maraai waar sy op die bank sit. Een groot ronde mens. Spierwit tande en oë wat spreek van ‘n siel wat deur dinge is wat ek nooit sal verstaan nie. Binne haar lê 'n skatkis van liefde, ondervinding en kennis wat sy bereidwillig deel met enige een wat belangstel of die behoefte daaraan het. Ek staan op, gooi ‘n kussing op die vloer en maak my tuis by haar voete. "Vertel jy my nou wat jy van die liefde weet." sê ek terwyl ek met die afwagting van ‘n kind wat uitsien na ‘n slaaptydstorie vir haar staar.

"Ai nonnie, watse advice gee djy nou vir 'n diva wat altyd van beta weet? Ek weet nie baja nie, maar ek weet net biiiieetjie iets. As djy hom lees, die Bybel, al glo djy nie...daai is die truth. Djy weet mos daai van love is kind, love is patient, love is beautiful, or something like that? Daai is die truth. Ek het groot geword binnekant by die shack. Ek het skooltoe geloop...baja ver geloop met die voete sonder skoene. Ek't min gehad, maar ek, ek was happy. Djy weet nonnie, djy moet eers binnekant by djo hart hart happy wees anders love will not be knocking at your door anytime soon.

Ek, ek was baja happy. Toe die Here Hy stuur vir my, my se man. Die liefde kom mos soos die groot...djy weet mos wat ek wil sê. Djy maak djo plannetjie en djo lysies en djo geite, maar die liefde hy sal nie hoor nie. Myse man, Ooooeee, hy was lief vir my. Ek’t mos net een perfume gehad, musk nogals, en een lifpstiffie. As ek weet hy kom, dan ek sit aan daai lipstiffie en daai perfume en dan ek wag. En as hy kom, hy dink ek’s die mooiste en ek dink hy is die sterkste. Hy maak die jokes en ek lag, even if it isn't so funny you know. Hoekom? Omdat ek hom lief het by my se hart en omdat ek dit so gekies het."

Ek het drome gehad en doelwitte gemaak toe ek in my twintigs was wat ek graag wou bereik voor die groot three oh! ‘n draai op my voorstoep kom maak het. Dit was immers nog so ver! Tyd het verby geflits en sommige drome is bewaarheid en sommige doelwitte bereik, ander weer nie. Maar ek het berustig daarby. Die een ding waaroor ek inderwaarheid nooit oor gewonder of getob het nie, het eers onlangs ‘n tingerige vingertjie in die lug gesteek om ‘n spreekbeurt te kry.

TROU. LEWENSMAAT. VIR EWIG. Ek is ongetroud en single op 30 en word by elke blerrie familiebraai met skrefies oë beloer omdat daar sekerlik iets fout met my MOET wees dat ek nie ‘n man onder ‘n wip gevang kan kry nie. Dit bring my by my punt. Hoe het dit gebeur dat ‘n hele generasie of twee so radikaal getransformeer het dat alles wat eens as die norm beskou is vandag as taboe bekend staan? As jy vandag op 20 getroud is, is jy defenintief die klits kwyt, maar as jy nog ongetroud is op 30, verseker ‘n lesbian of gay. Prioriteit vandag is om onafhanklik te funksioneer, loopbaan georiënteerd te wees en jou vryheid te beskerm soos jy jou laaste pakkie sigarette versteek en verdoesel op ‘n Mosambiek vakansie (die van julle wat al noodgedwonge Pall Mall moes rook, sal weet wat ek hier bedoel).

Ek is ‘n vrou en al die bogendoemde is vir my ook prioriteit. Ek weet ek is veronderstel om te droom oor my pragtige wit rok, uitnodigings met die fynste detail, kousbande, koeke en my arme bruidegom wat (teen sy wil) een of ander verspotte Franse dasknoop dra omdat dit MY dag is en almal weet meisies droom van hierdie oomblik vandat hulle kan loop (ons hoor mos die troumars in ons koppe en dit spoor ons aan om die eerste tree te neem) en NIEMAND sal dit vir my bederf nie, O.K.?

Dit het soos vir ewig gevoel, nie waar nie? Plus nog sewentig jaar daarby…dit is vir ewig. Ons het almal ons redes hoekom ons, onsself by hierdie non-commitment lot skaar. Geskeide ouers, mislukte eerste liefdes, slapgatgeid, gemak of die vrees vir die onbekende en die moontlikheid dat jy die grootste taak wat jy ooit sal aanpak deur jou foefenjol sal trek. Kies maar een van die bogenoemde of sit iets by as ek dit uitgelaat het. Ek sien die jonger generasie doen dinge nou anders.

Dié trou nou vroeër omdat ek dink hulle sien dat onafhanklikheid en vryheid dalk gesorg het vir ‘n spul volwassenes wat adolosensie melk tot laat in hul dertigs, wat sosiale netwerk ‘n nuwe betekenis gee, wat vry in die bondel sonder enige verantwoordelikheid, wat ‘n dranktoleransie het wat selfs Bachus woordeloos kan laat, maar wie steeds alleen huistoe gaan en alleen wakker word.

Wat Sondae by ons ouers deurbring omdat ons andersins skeurbuik sal opdoen weens wanvoeding en breinaalde in ons oë sal druk omdat eensaamheid aan ons siele kom kou wanneer ons na ‘n olimpiese suipsessie’n verantwoordelikheidsaanval uit die hel uit beleef (en met ons bedoel ek, ek en jy). Miskien is Koos Dup se woorde juis hier sterk van toepassing... "en ek dink en ek drink teen die soeter, pyn teen die groter dors". Wie sal weet?


Dit is oggend. My dag word begroet met die reuk van tuisgebakte beskuit en moerkoffie. Die vars vroeë oggend lug huppel by my venster in en bring ‘n dag gevul met nuwe uitdagings en geleenthede met dit mee. Dit is ‘n lafenis vir my siel en los my binneste met ‘n gevoel van tevredenheid. Maraai se woorde rol kompleet soos ‘n tolbos op ‘n karoopad in my gedagtes rond: "En as hy kom, hy dink ek’s die mooiste en ek dink hy is die sterkste. Hy maak die jokes en ek lag, even if it isn’t so funny you know. Hoekom? Omdat ek hom lief het by my se hart en omdat ek dit so gekies het." Kan dit so maklik wees? Is hierdie beskrywing van die liefde met sy kompleksiteit nie net in sy eenvoudigste vorm gestel nie? Vry van die moets en moenies, vry van vooropgestelde idees van wat ons dink ons nodig het, vry van trosts wees en vry van vrees om ‘n kans te waag op liefde wat in opsig self ‘n groot risiko is.

Ek is ‘n loskop en tot ‘n mate effens rebels. My siel het vlerke en vlieg net waar die wind my waai. My ore hoor net wat by my aanklank vind en die stemme van die harte van mense wat vir my dierbaar is. Ek is passievol en impulsief en ek kyk met minagting na risiko in geheel. My pa sê ek laat hom dink aan die Franse rubyspan. My game plan is opportunisties en innoverend, ek jaag "brilliance", "poise" en "flair" in elke situasie na, geen mens sal eendag my kinders se name kan uitspreek nie, egte leer skoene is vir my belangriker as water, en ek hardloop die bal vanaf enige posisie op die veld omdat ek glo daar ‘n kans is om iets spectacular te skep uit niks uit nie en die idee daarvan elimineer eenvoudig die vrees vir risiko en mislukking.

In teenstelling hiermee kry ons die mens wat die Rugby Reëlboek verteenwoordig. As dit nie vir reëls was nie, was daar nie ‘n game nie. hierdie mense bepaal eers die risiko en sit dan prosesse of reëls in plek om die spelers te beskerm en die risiko te verlaag of te elimineer. Hierdie mense weet bv. wat 8 x 9 is en nie dat blou en rooi pers maak nie. Van die os op die jas. Vir die van julle wat soos ek, in die tweede kategorie val, 8 x 9 = 72 en 9 x 8 ook). Of jy nou Frédéric Michalak of die voorsitter van die Rugby Reëlboek Kommitee is, daar is een ding wat beide in gemeen het. Alhoewel risiko verskillend benader word, wil nie een van hierdie partye seerkry nie. Daar is risiko in albei benaderings. Gelukkig het dapperheid niks uit te waai met linker- of regterbrein denkpatrone nie maar met pure guts - wat dan hopelik glory tot gevolg het.

Daar is iets omtrent wakker word langs iemand vir wie jy waarlik lief is wat eenvoudig nie in woorde omskryf kan word nie. Om ‘n hand uit te steek na die anderkant van die bed en ‘n liggaam daar te voel wat jy weet jou waarlik bemin of om ‘n wakker-word-soentjie op die voorkop te kry om die dag te begroet. Dit is iets spesiaals. Maar wat ook spesiaal is, is wanneer ons nie onsself laat definieer deur ‘n verhouding nie, want ek en jy weet dat geen ander mens jou kan gelukkig maak as jy nie kies om self gelukkig te wees nie. Single wees is ‘n ongelooflike vrugtevolle seisoen in ‘n individu se lewe. Seize it en kies om jouself te leerken en sodoende gelukkig te maak.

Vir die van julle wat wel in die seisoen van liefde en moontlike commitment staan wil ek aanmoedig om nie die spontaniteit uit dit uit te wurg deur alles te oor analiseer nie. Vir my lê die geheim tot ware liefde en geluk in keuse. Dit is nie ‘n emosie nie maar ‘n kognitiewe besluit om iemand lief te hê en vir iemand lief te bly vir die res van jou lewe.

Kies geluk eerste, kies die liefde, kies commitment en kies om te glo dat daar altyd hoop is vir iets moois om soos ‘n groot...jy weet wat ek wil se, te kom wanneer jy dit die minste verwag!

Glory to those who dare to risk!
Amber
7 Minutes with Jack Parow
1. Jy is in Belville gebore en woon tans in die Kaap. Wat bring jou na Pretoria?

Ek kom nooit regtig na Pretoria vir enige ander rede as om te show nie. Ek het vanaand ‘n show hier by FTV, maar dis vir my kief om in Pretoria te wees.

2. Weet jy waarvoor staan FTV?

Fashion Television. Elke bra weet waarvoor dit staan want ons almal dink dis kief. En die bra’s wat nie tv het nie kyk dit by iemand anders.

3. Het jy ‘n gunsteling uithangplek in Pretoria?

Awe my bra, daai Hatfield square is K@krof. Ek laaik Tings & Times maar ek hou die meeste van Artbox Studios. Dit voel of jy by jou eie houseparty is. Daar is beddens orals, so as jy moeg raak dan kap jy net om.

4. Watse Super 14 span ondersteun jy?

Die Stormers en die Bulle tweede net omdat hulle fans so super-kommon is.

5. Wat is jou regte naam?

Zander Tylor.
6. En die naam Jack Parow?

Ons was heavy dronk en het Pirates of the Caribbean gekyk, toe sê ek: "F*k Jack Sparrow die Pirate van die Carribean, ek’s Jack Parow, die Pirate van die caravan park. Gelukkig kon ek dit die volgende dag nog onthou".

7. Besit jy ‘n Karavaan en hou jy daarin vakansie?

Nee, eks te arm daarvoor maar ek crash in tente in caravan parks want dis net my vibe. As iemand my wil sponsor met een sal ek dit in ‘n f*kken oogwink vat.

8. Vloek jy al van kleins af so?

Ja, maar my ma vloek ook.

9. Jy’t ‘n interassante versameling ringe aan jou vingers. Het elkeen ‘n storie?

Ek het 7 ringe. Die een het ek self by Foschini gekoop op my ma se rekening. Een het ek by ‘n ou girlfriend gekry wat dit by Access Park gekoop het. Drie van hulle het ek self by Diva gekoop...hulle is meer bling en koppe van verskillende diere. Die ander twee het ek in België gekoop toe ek daar getoer het. Die een aan my pinkie het ek in so Goth sho pgekoop. Ek het my boardshorts en sulke Hawaiian sh*t aangehad en die ou in die shop was so Emo met ‘n lang kuif wat in sy oë gehang het. Hy’t my net ignore en toe het sy baas my kom help. Ek sien nou die kruis is besig om af te vryf...ek sal hom moet op-patch.

10. Wanneer stel jy jou volgende album vry?

14 April is my album "Jack Parow" landswyd beskikbaar.

11. Wat beteken awe en wat is die regte spelling?

Awe staan vir alles. Dis hallo, dis baai, dis ‘n vloekwoord, ‘n werkwoord of sommer enige word. Jy spel dit A..W..E. Nie met ‘n 'H' nie...daai mense weet nie wat aangaan nie.

12. Awe (Totsiens)

Kief my bra. Awe.
Pretoria.co.za Forward to a friend | Contact Us | Advertise
All rights reserved 2009 © PRETORIA.co.za
Design and development by ToolboxStudio
FacebookTwitter