Pretoria.co.za

Newsletter - Subscribe

Receive monthly updates about everything in Pretoria. Its free!

Pretoria Weather

°C currently
  • °C °C

  • °C °C

  • °C °C

Banner
Home > Pretoria Blog > Amber
Amber

You all know Amber by now. Read her views on life, love and loss and enjoy her real life stories while she tries to figure it all out.



Ouderdom en wysheid
Wednesday, 28 September 2011 14:24

Daar is 'n gesegde wat lees "met die ouderdom kom die wysheid". Die gedagte hiervan is soet en een wat bly maal in my kop en nie tot rus wil kom nie. Die idee hiervan is nie net soet nie, maar ook vertroostend. Die begin van dieper lyne langs my mond en om my oë, vertel dat ek besig is om wysheid op te doen, en vinnig ook. Ek het gedink dit sou makliker wees om ouer te word. Dat dinge meer sin sou maak, dat ek my liggaam 100% sou aanvaar, dat verhoudings sou stabiliseer, dat liefde sou seëvier en geluk aan die orde van die dag sal wees.

Vir my is dit asof vrees 'n groter rol begin speel in my lewe soos ek die jare byvoeg. Ek is al deur genoeg om te weet wat op die spel is. Ek onthou, nie te lank gelede, toe ek vars uit hoërskool gestap het en reg was om die wêreld by die horings te pak. Niks om te verloor nie, alles om te wen. Nie bang vir 'n mens, 'n situasie, 'n gebroke hart, finansiële terugslae of siekte nie. Hoe lekker was daai gevoel om tot alles in staat te wees nie? Nog vasbeslote om 'n verskil in hierdie wêreld te maak en ‘n legacy agter te laat.

 
Uniting behind the Boks!
Tuesday, 06 September 2011 11:20

The All Blacks were champions in 1987. Four years later; Gary Whetton’s men were an ageing side knocked out in the semis. The Wallabies – who retained a large proportion of their victorious 1991 team – couldn’t get past the quarters in 1995. In 1999, the Boks lost to Australia in the semis by the skin of their teeth, while against all expectations, defending champions Australia and England reached the finals in 2003 and 2007 respectively – only to fall at the hurdle. Now, seven wins stand between the Springboks and the chance to break the pattern described above – by becoming the first team to win back-to-back World Cups. And this adds to the pressure that being the defending champions brings.

I am so very tempted to commit plagiary and claim that I am an avid rugby supporter who knows these facts by heart, but unfortunately it’s the property of our good friends at Sport Illustrated. If you want to read about facts and figures, you can read the entire article in this month’s issue. Although I am not familiar with all there is to know about the technical side of the so-called "boy" sports, I am a sport loving girl who loves watching and playing (some) sports.

 
Die lief en leed van ‘n langafstand verhouding
Friday, 29 July 2011 13:54

Ek was altyd een van daardie meisies wat die vrouens van professionele sportmanne en besigheidsmanne wat konstant weg van die huis af werk, jammer gekry het. 'n Vriendin van my het op 'n stadium 'n kêrel gehad wat in die Kaap gebly het en selfs toe het ek gewonder of sy die klits kwyt geraak het. Hoekom wil jy jouself daardeur sit? Die werk wat reeds in 'n "normale" verhouding ingaan om hom gesond en lewenslustig te hou, is genoeg om meeste van ons uit te put, wat nog te sê met iemand wat duisende kilometers weg is?

Nou ja toe, nes die lewe toe is, slaan ek vir myself 'n kêrel los wat in Nigerië, "the armpit of Africa" (soos hy dit noem) woon en werk. Dit kom daarvan as mens so arrogant wil wees om te sê "nooit" nie (in my geval, "nooit ooit" nie). Aanvanklik het ek gedink ek is verseker die enigste meisie op die planeet wat myself in hierdie tipe van langafstand gevryery bevind, maar soos hulle sê "birds of a feather, flock together" en het ek bevriend geraak met almamaters van dieselfde spesie. Twee van my vriendinne se mans werk ook in Nigerië en die ander een toer die wêreld en is tans weer in Engeland. 'n Ander pel van my was aan die begin van sy verhouding in Amerika en na net ses maande op dieselfde kontinent en dorp as sy beminde, moet sy Bloemfontein toe vir 'n werksgeleentheid.

 
The Ugly Truth
Thursday, 30 June 2011 08:46

Bookshelves are lined with self-help manuals to help you understand the differences between men and women. We (and by “we”, I am referring to women in particular) discuss this topic over cocktails, we Google it, we analyse it, we get frustrated and even mad at times. It’s a much discussed topic and it is done in all languages and across the entire world.

In all honesty, I will much rather be a girl that dates a guy than vice versa. Guys are simplistic, what-you-see-is-what-you-get-creatures. If they don’t buy you flowers it is because it didn’t even cross their mind. If they stare and say nothing, it is because they are honestly thinking of nothing at all...yes ladies, at that moment his mind is a complete blank...

 
My liefde vir...
Written by Amber   
Tuesday, 31 May 2011 13:17

Liefde is een van daardie konsepte wat soveel dimensies en vorms kan anneem. Vir elkeen van ons beteken liefde iets anders. Daar is natuurlik die liefde tussen man en vrou (Eros), die liefde vir jou naaste (Phileo) en die liefde vir God (Aghape), maar dan reken ek ook dat daar ’n liefde is vir aardse goed (nie noodwendig materialisties nie) wat ’n bepalende factor speel in die kwaliteit van jou lewe en die vorming van jou leefstyl.

Gedurende die afgelope (amper) 31 jaar van my lewe het ek ’n magdom dinge lief gekry en toe weer met ouderdom en wysheid my liefde teruggeneem. Ek was al lief vir laataand partytjies, drankies en my drinkebroer vriende Nou kyk, op daardie stadium was ek van mening dat ons twee (ek en my liefde vir kuier) gemaak was vir mekaar.  Maar wanneer my oë in die oggende oopgegaan het en ek begroet was met ’n babbelaas uit die hel uit, het ek ernstig begin twyfel. Terwyl ek my wonde lê en lek het in ’n donkerkamer, het ander mense met die liefde vir byvoorbeeld die buitelewe, lank reeds ’n heerlike ontbyt genuttig en al 3 olifante, 1 leeu en 23 rooibokke in die Kruger Wildtuin ge-spot.

 
Asem uit
Written by Amber   
Thursday, 31 March 2011 13:31

“Daar mag nie spot gedryf word met die dooies nie” sal mense prontuit en met oortuiging kwyt raak. Ek wonder baie oor hierdie stelling. Hoekom nie, wil ek altyd weet? As ek grappies gemaak het met hierdie persoon toe hulle nog geleef het, hoekom moet dit nou verander? 'n Ander klassieke voorbeeld is: “jy moet respek hê vir die dooies”. Noem my maar 'n nool, maar vir my is dit meer belangrik om respek te hê vir iemand terwyl hulle nog ons aardbol bewoon. Verlede maand het ons koebaai gesê vir my oupa na 'n lang lewe van byna 80 jaar. Lekker rus my oupa! My geliefde moeder was aan stuur van die reël van die begrafnis en ek, haar sidekick, het deur al die emosies, verskille en reëlings gewilliglik saam gepiekel en drukkies en soentjies uitgedeel om die seer te probeer verdryf. 'n Mens se tong en woorde AWOL mos sodra die doodstyding te voorskyn kom.

 
And that's how it's done!
Written by Amber   
Tuesday, 01 March 2011 00:00

In my previous article, I wrote about choices. I told the story of how I lost myself and my beliefs, and how I realised that I had only myself to blame. I then went on babbling about how happiness is attained through making good choices consecutively. It suddenly dawned on me that whilst I was lost and completely out of my depth, it wasn't even possible for me to tell a good and rotten egg apart, let alone a good and bad choice in the whirlpool of chaos I was cast in.

 
A full circle
Written by Amber   
Monday, 31 January 2011 10:32

Approximately 365 days ago, myself and a bunch of my girlfriends, were having lunch, sipping cocktails and babbling about our love lives (or the lack thereof) when it dawned on me that what we were experiencing and enduring was not special or unique in any way.  We were just four girls talking about the exact same topic discussed around lunch tables across the world:  Love.  Amber was born on that day and I am proud to say that she is turning one year old this month. Go on and pop a bottle of Veuve Clicqout, pour yourself and your best friends a glass and drink a toast to me, you and to the millions of women across the globe who experience the same emotions, trials and tribulations that we do.  Although we may all be packaged differently, on the inside we are not that different at all.

 
Die tye het verander
Written by Amber   
Wednesday, 05 January 2011 12:21

Daar word bespiegel deur my familie en vriende dat, indien reïnkarnasie wel bestaan, ek verseker ‘n selfoon in my vorige lewe was. So ook, is sommiges van mening, dat indien jy byvoorbeeld ‘n hoender was in jou vorige lewe, jy in jou huidige lewe ‘n intense liefde vir hoenders sal hê. Nou ja, dit verduidelik dan sekerlik my liefde en noue band wat ek snoer met my eie persoonlike foontjie. Ek wil sover gaan as om te erken dat daar ‘n romantiese verhouding tussen ons bestaan! Dit klink dalk vir jou verregaande, maar laat my toe om ‘n paar vergelykings te tref en sodoende hierdie konsep vir jou in perspektief te plaas. Kom ons vergelyk mans met selfone. Sekerlik het die meerderheid van julle al meer as een verhouding met ‘n man gehad, so dit behoort maklik te wees om jouself te vereenselwig met die volgende:
My eerste selfoon was ‘n Nokia 33Brick-brick (O.K. ek kan nie die ding se korrekte kode onthou nie, maar dit was een van daardie baksteenfone met die antennas). Hierdie selfoon was lomp, stadig en het konstant uitgesny en sodoende kommunikasie belemmer. Ek was onhandig met die ding en teen die tyd wat ek die antenna met my tande uitgetrek het en die groen knoppie gedruk het, was alles reeds verby.

 
<< Start < Prev 1 2 Next > End >>

Page 1 of 2
Check out these websites
Tuks FM. Your music. Your capital.
 
 
 
Pretoria.co.za
SA Web AwardMyGateVisa Mastercard
 
All rights reserved 2014 © PRETORIA.co.za