Pretoria.co.za

Events Calendar

<<  May 2012  >>
 M  T  W  T  F  S  S 
   1
   

Newsletter - Subscribe

Receive monthly updates about everything in Pretoria. Its free!

Pretoria Weather

Clear
14°C currently
Clear
Humidity: 51%
Wind: NW at 9 mph
  • Wed Clear

    17°C 7°C

  • Thu Clear

    21°C 7°C

  • Fri Clear

    20°C 7°C

Banner
Home > Pretoria Blog > Amber > Wanneer 'n vet mens jou insluk
Wanneer 'n vet mens jou insluk
Written by Amber   
Thursday, 02 September 2010 10:45

Ek gaan nie myself verontskuldig nie. Ek is een van daardie mense wat die winter verjaag en vervloek. Winter is belaai met bruin landskappe, sinusontstekings, 'n flou geel kol wat homself as sonskyn voordoen, aanvalle deur klein snoesige kombersies wat jou as gyselaar in jou huis aanhou, snotneus kinders, die vrywillige dra van afskuwelike gebreide pantoffels (wat jy hoog en laag sweer jy net dra om jou ouma se gevoelens te spaar), lee gimnasiums en net die kosse waarvan die hoofbestanddeel selluliet is.

In teenstelling hiermee, is ek ook een van daardie mense wat 'n intense gevoel van naarheid ontwikkel sodra die Lente sy verkyning maak . Skietgebede is dan aan die orde van die dag vir my. Dit klink gewoonlik iets soos: Laat dit asseblief eers in Oktober warm genoeg wees vir pool parties, laat dit waar wees dat my skaal se batterye pap is en nie dat ek 7kg aangesit het nie, laat Truworths asseblief nie NOU AL hul bikini's uitpak nie, laat Verimark se Abflex net hierdie een keer regtig werk! Ek hoop dat meeste van julle hierdie sentiment met my deel. Indien jy een van die minderheid is wat deur die wintermaande "carb counting" gedoen het, soos 'n dier geoefen en gesonbed het en op jou merke gereed gaan staan in afwagting vir jou eerste publieke vertoning in jou super sexy Guess bikini, wil ek net een ding vir jou se: loop blaas doppies en eet 'n blêrrie worsbroodjie...jy lyk siek en honger.

Dit is altyd goed om 'n proefsteek te doen wanneer daar met mening navorsing gedoen word oor 'n spesifieke onderwerp. So tel ek toe die telefoon op en skakel 'n paar van my interessantste vriende. Van hulle vet, sommiges maer, ander weer snaaks (so indien ek jou gebel het, behoort jy te weet dat ek of dink jy's snaaks of vet). Omdat ek dit self ook nodig ag om deel te wees van hierdie proefsteek, dolwe ek my hele klerekas om opsoek na daardie een item wat ek so byna 'n jaar terug laas gedra het - die geel bikini! Alle moed word bymekaar geskraap met die hulp van my ou vriendin(ne) Savanna (light, net vir ingeval jy gewonder het) en onder uiterste provokasie word die geel nommer aan my ligpers lyf getrek. Nee wag; absolute trauma en chaos...ek sweer die ding het gekrimp. Nee regtig - alle grappies op 'n stokkie...

Ek oorweeg nie eers die vollengte spieël nie. Vir 'n oomblik oorweeg ek dit selfs om Onderstepoort Dierekliniek te bel net om uit te vind hoeveel daai goed wat jy om 'n hond se nek bind sodat hy nie sy sere kan lek nie, kos en in watse groottes dit beskikbaar is. Klink vir my na 'n wenplan vir 'n mens ook - dalk nie vir sere nie, maar verseker om jou die verdere trauma van 'n oogseer lyf te spaar deur jou te verhoed om na onder te loer. Nou dat ek daaraan dink, behoort bikini's met 10 komplimentêre "trauma counceling" sessies verpak en verkoop te word. Dit maak net sin.

Gewapen met my geel bikini, 'n Sprite Zero, 'n tamatie, my geliefde Blackberry en 'n stuk papier, forseer ek myself in die rigting van ons swembad vir my eerste amptelike "pool party" – net die twee van ons; ek en dan hierdie lyf wat ek werklikwaar nie herken nie. My eerste oproep is na my homoseksuele (ek sou sê moffie want dit is wat hy homself noem, maar uit die vrees vir kritiek hoop ek, ek is polities korrek) vriend Jaun. Hy is seker so 1.68m lank en weeg verseker nie meer as 50kg nie. As jy dink jy is wit van gelaat of jy ken iemand wat die witste persoon in die wereld is, jy doen nie. Jaun skyn letterlik deur. Hy sê dat hy swembadpartytjies met alles in hom vermy maar indien hy nie kan nie, gaan hy tenvolle geklee in 'n jean en langmouhemp. Hy sit dan heel nonchalant op die kant, drink 'n cocktail en hou voet by stuk dat hy nie lus is vir swem nie. Diep binne in hom erken hy dat hy 'n brandende begeerte het om 'n helse bommie te maak en sommer Dolfyne en Haaie te speel terwyl hy in is. Maar hy sê niks want sy lyf het hom die dood voor die oë gesweer as hy dit sou waag om sy wit benerige gedaante te ontbloot in die publiek. Instede, sê hy, sit hy net heel geduldig en wens stilletjies dat iemand hom sal ingooi "teen sy wil!"

My vriendin Xan is in haar 30's en die trotse ma van 'n pragtige dogter. "'n Wat? 'n Bikini? Ek het verlede jaar vir my 'n bikini by die "Maternity wear" afdeling gekoop toe ek nog nie wou vrede maak dat my kop die ding wil hê maar my lyf nie. Dis eintlik nie 'n bikini nie maar 'n eenstuk wat in die middel deur gesny is. En nee, ek weet ek het pregnant gelyk maar ek was nie." sê sy. Xan het ook reeds vooraf besluit dat sy vir die res van die jaar op Saterdae gaan siek wees net vir ingeval iemand dalk besluit om haar te nooi waar swembroeke betrokke gaan wees.

Ek en my bikini het 'n vertandhouding. Ons twee verkeer net horisontaal. Daar word nie geloop, gestaan of gesit nie. My geliefde Blackberry kan selfs op die strand voor my oë gesteel word, ek sal smile en sê dis 'n plesier en dan sal ek jou smeek om net voor jy die vlaktes in verdwyn asseblief vir my 'n bier aan te gee en 'n sigaret op te steek omdat dit vir my fisies en emosioneel onmoontlik is om dit self te doen. Ek oorweeg dit om hierdie Desember iemand voltyds aan te stel wat hierdie tipe van gunsies vir my kan behartig sowel as agter my kan loop met 'n hengse handdoek totdat ek myself veilig in die branders verdoesel het. (NS. Slegs kandidate met slegte sig sal oorweeg word.)

Ek dink ek kan met selfvertroue sê dat die oorgrote meerderheid van die populasie saam met my angsaanvalle trotseer deur net die blote gedagte om van jou lae en lae wintersklere, wat as 'n veiligheidskokon gedien het, ontslae te raak. Vir hierdie rede het ek dit goed gedink om hierdie somer se top 3 verskonings om nie 'n pool party by te woon nie, aan julle bekend te maak:

1. Nee jammer, ek trou…maar ek sal kyk of ons na die tyd 'n draai kan maak.
2. Het julle van daai pieppie-detectors wat die water blou laat verkleur in julle swembad? Daar is darem niks so lekker soos 'n koue bier en 'n warm pee in iemand anders se swembad nie.
3. Gaan jou ma daar wees? Sy's hot!

Voila! Ek hoop dat julle net soveel sukses sal hê met hierdie verskonings soos ek en my vriende. Ten spyte van die feit dat vetsug sommige van ons se boude in beslag geneem het, hoop ek dat dit steeds moontlik vir julle sal wees om die Lente met albei hande te gryp en te geniet.

Sterkte met al die dieëte en die oefen. Vir die van julle wat pligsgetrou gedurende die winter geoefen het; sterkte met die deel van jul apparaat met die vetgatte wat nou eers wakker skrik en opsoek is na 'n quick fix.

Ek groet julle dan met die titel van 'n topverkoper boek en die wyse woorde van 'n bikini-phobic: Eat (nothing) Pray (harder) Love (self-tan lotion)!

Duik, bommie en pool noodle hom uit!

Later, Amber

 

Please login to post a comment

Check out these websites
Tuks FM. Your music. Your capital.
 
 
 
Pretoria.co.za
SA Web AwardMyGateVisa Mastercard
 
All rights reserved 2012 © PRETORIA.co.za