Spring die stad vry by Tin Roof Café

Kyk, ons is almal lief vir ou Pretoorsdorp, maar soms voel mens net bietjie keelvol vir die stad. Maar tog kan ons nie altyd uit Pretoria uitkom nie, nê? En so is dit altyd lekker om te weet waar mens gou ’n gevoel van ontsnapping kan vang, al is dit nou in die stad self.

Op die periferie van Pretoria se oostelike voorstede lê ’n skatkis vir jou smaakpapies. Tin Roof Café is maklik om te vind, maar moeilik om te verlaat.

Atmosfeer

n Plattelandse atmosfeer en ’n warm verwelkoming is wat vir jou wag by Tin Roof Café. Mens tref so ’n stukkie grondpad op pad na Tin Roof toe, maar dit is tog deel van die avontuur. Die heuwels, uispansels groen grasperke, en bosveld wat hierdie plekkie omring help mens om sommer vinnig te vergeet van die besige strate waardeur jy net minute terug gery het. Dit word iets uit ’n sprokies verhaal uit in die aande met ’n klomp klein liggies oral en ’n rustige, romatiese atmosfeer. Dis die perfekte plek vir ’n afspraak saam ’n geliefde, ’n aandjie uit saam vriende, of selfs ’n familie-uitstappie.

n Spyskaart Wat Skrik Vir Niks

Die kos word hier met trots voorberei en bedien en jy sal sonder twyfel ’n lekker dingetjie kry waaraan jy kan smul. Hulle gebruik slegs die varste bestandele vir die vele fantastiese spogdisse wat mens hier sal vind.

As jy ’n draai hier maak oorweeg die ‘Butternut Gnocchi’, die ‘Chicken under a Brick’, of selfs die ‘Maple and mustard pork cutlet’. Die pizzas hier is ook byna legendaries, net so terloops. Die restaurant bied ook smaaklike disse vir vergetariërs aan. Gooi graag ’n oog op hul spyskaart as jy nuuskierig voel. Dit alles laat mens se mond water.

Perfek Vir Funksies

Enige iets van verjaarsdae en kombuistees tot werksfunksies, aftree-partytjies en selfs troues – díe is ’n uitstekende plek om jou funksie te hou. Die staf is vriendelik, die kos is kwaliteit, en dis tog so mooi. Watokal jy hier hou sal beslis ’n treffer wees – dit sal selfs die moeilikste van skoonmas beϊndruk. Onthou net om jou vroeg te bespreek vir jou funksie want hierdie plek is vreeslik gewild. As jy graag die plek wil uithuur vir jou funksie, kan jy meer informasie en reëls oor betaling ensovoorts hier vind.

Maak graag ’n draai by Tin Roof Café wanneer jy lus voel vir ’n smaaklike happie, ’n mooi uitsig, en ’n rustige atmosfeer. Dit is dalk net wat jy nodig het! Besoek graag hul webwerf of Facebook blad, of skakel gerus 072 367 5698 vir meer informasie asook tafelbesprekings.

Address: 289 R223, Mooiplaats, Pretoria