Lekker Biltong Plekke in Pretoria

Biltong is darem maar bitterlekker. En wat sou Suid-Afrika nou wees sonder ’n stukkie biltong? Nat of droog, dun gekerf of lekker dik, met ’n bietjie geelvet of sonder…

 

\Kyk, as dit by peuselhappies kom, is biltong een van ons grootste lifedes. Dit maak tog deel uit van ons nasionale trots, of hoe? Hier is ’n paar lekker biltong plekke in Pretoria.

King’s Meat Deli

King’s Meat Deli se biltong is bobaas! Hulle het lekker heel stukke biltong, klaargekerfde biltong, blitongstokkies, en droëwors (asook vetvrye droëwors) en nog meer om van te kies. En as jy lief is vir ’n bietjie ekstra geur, dan is King’s Meat die plek vir jou. Hulle lekker gekerfde biltong en biltongstokkies in chili, blatjang, en sout-en-asyn geure. Tydens jagseisoen kan jy die lekkerste Kudu en Springbok wildsbiltong en -droëwors hier vind. King’s Meat gooi ook spoggerige biltongruikers aanmekaar, sou jy ’n present benodig vir daardie ernstige biltongliefhebber in jou lewe.

Waar?

  • Castle Walk, op die hoek van Lois en Nossob Straat, Erasmuskloof, Pretoria. Kontak hulle gerus by 012 347 0115, of stuur ’n epos na [email protected].

  • Lynwood Bridge, op die hoek van Daventry en Lynwood Weg, Lynwood, Pretoria.

Kontak hulle gerus by 012 348 2189, of stuur ’n epos na [email protected].

Fleisherei

Fleisherei se biltong sal jou mond laat water – die verskeindenheid is wyd en die kwaliteit goed. Jy sal lekker biltong, droëwors, biltongstokkies, biltongskyfies, cabanossi, en selfs spekbiltong hier kry. Fleisherei het ook ’n reeks geskenkbokse met temas vir elke geleentheid. Een van die interessantste produkte wat hier beskikbaar is, is beslis hul Biltongkoeke. Ja, ’n biltongkoek. So, as jou soettand eerder ’n biltongtand is, dan kan jy gerus ’n biltongkoek bestel vir jou volgende partytjie. Jy kan selfs jou biltong aanlyn bestel op hul webwerf.

Waar?

Hazeldean Square, op die hoek van Lynwood en Silverlakes Weg, Hazeldean, Pretoria.

Kontak hulle gerus op 012 809 3125, of stuur ’n epos aan [email protected]. Vir meer informasie oor jou naaste tak, kliek hier.

Boma Vleismark

Boma Vleismark is ’n gunstelling slaghuis vir vele Pretorianers, en hul biltong maak die vleismark heel aanloklik. Hulle verskeindenheid biltong en droëwors is goeie kwaliteit. Volgens hul webwerf maak Boma hul biltongprodukte met die klant se gesondheid in die oog. Hulle pak ook ’n shap biltongruiker vir diegene wat ’n vleisgeskenkie aanmekaar wil gooi.

Waar?

  • Moreleta Plaza, Op die hoek van Rubenstein Weg en Garsfontein Weg, Moreleta Park, Pretoria.

Kontak hulle gerus op 012 998 8711 vir meer informasie of stuur ’n epos na [email protected].

  • Olympus Village, Olympus Drive, Olympus, Pretoria

Kontak hulle gerus op 012 9913022, of stuur ’n epos aan [email protected].

Hokaai Vleismark

Nog ’n gewilde plekkie vir biltong en droëwors in ou Pretoors is Hokaai Vleismark. Hulle biltong is lekker, en jy sal ’n goeie verskeidenheid hier kry. En as jy so effens aan die hang is na ’n lekker aand se gesellighede, het Hokaai vir jou ’n Babbelas Mix biltong wat skrik vir niks.

Waar?

  • Hokaai Sentrum, 558 Graaff Reinet Straat, Faerie Glen, Pretoria.

Kontak hulle gerus op 012 991 2801.

  • Gift Acres Winkelsentrum, Winkel 8, Lynwood Weg.

Kontak hulle fgerus by 012 348 0324.

Uitkyk Vleismark

Talle mense in Pretoria is lief daarvoor om vleis by Uitkyk te koop – die kwaliteit is goed en die pryse is billik. En dieselfde geld vir Uitkyk se biltong en droëwors; dit is uit die boonste rakke.

Waar?

165 De Boulevard Straat, Silverton, Pretoria.

Kontak hulle gerus op 012 804 3280 of stuur ’n epos aan [email protected].

Sjoe, maar ’n stukkie biltong sal mos nou lekker smaak! Smag julle smaakpapies ook na ’n bietjie biltong? Waar kry julle graag julle gunstelling biltong in Pretoria? Laat weet ons gerus in die kommentaar.